FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Bafta: Leonardo DiCaprio piksoen vir Maggie Smith!

Die akteur Leonardo DiCaprio het op Valentynsdag met meer as net ’n toekenning vir beste akteur weggestap. Hy kon sommer vir dame Maggie Smith ’n piksoen gee.

Tydens die glansgeleentheid het ’n soenkamera oor ’n paar akteurs beweeg. Aktrise Julianne Moore het speels vir die akteur Bryan Cranston gesoen. En selfs akteurs Cuba Gooding Jnr en Stanley Tucci het mekaar op die voorkop gesoen. Toe die kamera oor dame Maggie en Leonardo beweeg, het sy begin lag van skaamte, maar Leonardo het dadelik vir haar ’n piksoen gegee. Op die wang, natuurlik!

FOTO: Skermgreep

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Hier is al die soene:

Die Bafta-wenners

Beste akteur – Leonardo DiCaprio vir The Revenant

Beste aktrise – Brie Larson vir Room

Beste ondersteunende akteur – Mark Rylance vir Bridge of Spies

Beste ondersteunende aktrise – Kate Winslet vir Steve Jobs

 

Lees nou