Screen Shot 2016-05-20 at 9.04.19 AM
Het jy gehoor?

Karen Zoid se lied vir Huisgenoot se 100ste

Huisgenoot vier vandag hul 100ste verjaarsdag!

Karen Zoid het vir Huisgenoot die liedjie, “Waar was jy” geskryf en vandag het hulle die musiekvideo bekend gestel.

Kyk en luister saam!

Ons boodskap aan Huisgenoot

Beste Henriëtte en Huisgenoot-span

Wat ’n fenomenale mylpaal! 100 jaar en onteenseglik deel van SA se geskiedenis. Ons weet die tydskrif sal ook deel wees van die toekoms van ons land – dat julle ons stories sal bly vertel soos net Huisgenoot kan. Vier met oorgawe jul ryk geskiedenis en harde werk. Julle verdien die kollig.

Groete

Michélle en die SARIE-span