FOTO verskaf

FOTO verskaf

Het jy gehoor?

Meisies mis skool weens te min sanitêre produkte

Die kwessie van vrouwees en spesifiek menstruasie is in baie kulture ’n taboe-onderwerp. En dit veroorsaak dat sommige meisies waardevolle ure op die skoolbanke misloop … 

Hanna tag

Tydens Vrouemaand verlede jaar het Solidariteit Helpende Hand navorsingsresultate bekend gemaak dat 49% van skoolmeisies nie gemaklik is om die onderwerp van menstruasie met hul skoolmaats te bespreek nie. Hierdie navorsing, wat spesifiek by Afrikaanse skole gedoen is, het verder getoon dat meer as 10% van die meisies meen hulle het nie elke maand genoeg sanitêre produkte nie. ’n Verdere 7% het aangedui dat hulle skool misloop vanweë dié tekort.

Ná verdere gesprekke met personeel by skole is vasgestel dat meisies te skaam is om vir hulp te vra, al het skole ekstra voorraad vir noodgevalle beskikbaar. Die meisies bly eerder weg van skool af, of hulle maak alternatiewe planne. Van die meisies gebruik koerantpapier, toiletpapier en selfs gras pleks van konvensionele sanitêre ware, is bevind.

Ná hierdie terugvoer het Helpende Hand in Augustus 2015 die #HelpHanna-projek begin. Sedertdien vind meer as 3 700 meisies in 136 skole oor die hele land baat by die projek. Meer as R700 000 is reeds deur die #HelpHanna-projek gespandeer om meisies te ondersteun. “Hierdie is meer as net ondersteuning, die projek wil die meisies se waardigheid herstel en in hul onderrig belê,” meen Michellé Burger, organiseerder van die #HelpHanna-projek.

Hoe kan jy help?

• SMS “Help Hanna” na 38840 en dra R10 by tot ’n Hanna-pakkie (SMS’e kos R10)

• Skenk ’n Hanna-pakkie vir R50 op helphanna.co.za

• Lees meer op ons webwerf helphanna.co.za en neem deel aan die gesprek op sosiale media met #HelpHanna

Sarie Twitter Hanna image