Het jy gehoor?

Bakgat 3-première – Al die FOTO’S

SARIE.com was by die Bakgat 3-première en ons wys jou al die FOTO’S van dié glansryke aand.

Uiteindelik is die derde een hier! Die première van Bakgat 3 was gisteraand in Rosebank, Johannesburg.

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur was daar, en hy het die modes op die rooi tapyt dopgehou:

“Aktrise Lelia Etsebeth, vrou van Film Factory se Danie Bester (een van die vervaardigers), het ‘n bottergeel skemerrok gedra deur Miss Wolf van die ontwerper Marlé Drotsky. Marlé het ook die kostuums vir Bakgat 3 gedoen het.

“Zetske van Pletzen het een van haar eie ontwerpe gedra, en haar man, Altus Theart (Werner in die fliek) het in ’n kilt (Skotse rok) opgedaag. Leandie du Randt het haar klere van ’n fotosessie af gekoop.

“Die vroulike hoofrol word weer gespeel deur Cherié van der Merwe. Haar groen, blink skemerrok werk perfek met vintage handskoene, ’n stola en ‘n palmhandsak. Anél Botha dra haar eie ontwerp, en Binneland se Odelle de Wet kry haar trendy voorkoms van Woolworths.

“My gunsteling-voorkomste vir die aand was dié van Cherié en Leandie – maar as ek net een mag kies, sal ek sê dit was Leandie. Ek het baie gehou van die spanbroek en wit baadjie. Die uitrusting pas by Leandie. Dis vir my ’n baie goeie kombinasie vanhoogmode en stylvol – dis sexy, gesofistikeerd en afgerond met ‘n klassieke string pêrels. Dit is byna asof Chanel en Walt Disney mekaar hier ontmoet het!

iphone_media_130_630w

Hulle was ook daar!

iphone_media_143_630w

Donnalee Roberts en haar pa

Christo Davids; Reynardt Hugo en An-Maré Roothman

Hieronder is ‘n video van die sterre: Ivan praat oor Bakgat en die toekoms van dié films, Cherie van der Merwe (Katrien Swanepoel) gesels oor wat Bakgat vir haar beteken; die mode-ontwerper Anél Botha vertel meer oor haar en Karlien van Jaarsveld se nuwe projek en Fanie kyk na die sterre se mode:

Die lokprent van Bakgat 3: