FOTO: Facebook https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10153553666352160&set=pb.532762159.-2207520000.1438334965.&type=3&theater

FOTO: Facebook https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10153553666352160&set=pb.532762159.-2207520000.1438334965.&type=3&theater

Het jy gehoor?

Só balanseer Mev. SA, Sarah-Kate Scott, kroon en kroos

Die radio-omroeper Darren Scott se vrou, Sarah-Kate, is reeds die houer van die titel Mev. Suid-Afrika 2015, maar dié ma van twee het haar oog op nóg ’n kroon. Sy gesels met SARIE.com oor haar passie, plastiese chirurgie en die Mev. Heelal-kompetisie wat voorlê.

Die Scott-gesin was in 2012 gereeld in die nuus toe hul eersteling met kanker  gediagnoseer is. Drie jaar later is Mark, byna 5, “perfek en geniet skool”, sê sy beeldskone, bedrywige ma. Hul jongste, Matthew, is byna 2.

FOTO: Facebook Sarah-Kate Scott

FOTO: Facebook Sarah-Kate Scott

Sarah-Kate het steeds sterk bande met Cupcakes 4 Kids with Cancer, en sê dié organisasie motiveer haar om die Mev. Heelaal-kroon aan die einde van die maand huis toe te bring.

“Ek gaan wen … Dié skoonheidskompetisie bied my ’n groter platform om bewusmaking vir dié waardige saak te kry en só word lewens gered.”

Sy was ook die eerste prinses by verlede jaar se Mev. Wêreld-kompetisie: “Toe ek aan Mev. Wêreld deelgeneem het, was ek ongelooflik trots om Suid-Afrika te verteenwoordig. Ek dink dis hoe ’n Olimpiese atleet, Springbok of Protea ook voel.”

Soos met enige ander werk, het dié een sy eie uitdagings: “Ek mis my kinders en dis nie altyd maklik om hulle by die huis te los nie, maar dis so vir enige ma wat haar beroep en gesinslewe moet balanseer. Ek besef ook dat ek om ’n rede geroep is, dat ek in die bevoorregte posisie is om ander vroue te kan bemagtig.

“Ek sou dit nie sonder die ongelooflike ondersteuning van my man kon doen nie. Ons probeer om altyd te onthou dat elke moeilike situasie ’n silwer randjie het. Darren spandeer nou baie tyd saam met die kinders … Kinders verander jou. Hulle kom eerste. Ek wil ’n rolmodel vir myne wees. Ek wil vir hulle wys dat jou ouderdom nie jou drome hoef te bepaal nie en dat dit belangrik is om jou medemens te help.”

FOTO: Facebook  Sarah-Kate Scott

FOTO: Facebook Sarah-Kate Scott

Watter eienskappe het ’n goeie Mev. SA?

“Hulle soek nie die perfekte vrou nie. Niemand is perfek nie. Hulle soek iemand wat eg is, wat gemaklik is om haarself te wees en weet hoe om ’n balans te handhaaf … Ek is 32 en gemaklik in my eie vel. Soos jy ouer word, besef jy dat dit onmoontlik is om alles te wees en jy probeer nie meer om almal tevrede te stel nie.”

Alhoewel Sarah-Kate glo dat dit belangriker is om ’n verskil te maak as om ’n sekere rokgrootte te wees, maak sy ’n punt daarvan om haarself goed te versorg: “Ek wil Suid-Afrika nie in die skande steek nie,” giggel sy.

FOTO: Facebook  Sarah-Kate Scott

FOTO: Facebook Sarah-Kate Scott

“Ek glo in ’n holistiese benadering tot skoonheid, geen quick fixes nie. Daar is soveel ander moontlikhede as om die naald in te span, tog is ek baie oop en kritiseer nie vroue wat dit wel doen nie.”

Op die vraag of sy en Darren van ’n dogtertjie droom, sê sy: “Ek wou nog altyd ’n dogtertjie hê, maar ons het besluit om by twee kinders te stop en die beste vir hulle te gee.”

Die Mev. Heelal-kompetisie vind op 29 Augustus in Belarus plaas.

Ons hou duim vas, Sarah-Kate!

Lees ook