FOTO:  Vintage Media

FOTO: Vintage Media

Het jy gehoor?

Ballade vir ’n enkeling is terug! Én ons kies die akteurs ….

Ballade vir ’n enkeling het TV-kykers in die 1980’s vasgenael gehou. Nou keer dié reeks uit die pen van Leon van Nierop terug – dié keer as ’n rolprent. SARIE.com gesels met Leon hieroor.

Bekendes soos Gavin van den Berg, Anneline Kriel, Brümilda van Rensburg, Shareen Swart, Alwyn van der Merwe en Hugo Taljaard het destyds in Ballade vir ’n enkeling gespeel. Leon het verlede jaar, byna 30 jaar nadat hy dié reeks geskryf het, besluit om dit in ’n rolprent te omskep.

Maar Ballade vir ’n enkeling se oplewing is nie slegs in rolprent-vorm nie. Leon het ook ’n gelyknamige roman geskryf wat vanaf Augustus op die rakke is.

“Sedert ek die reeks geskryf het, het ek self meer volwasse geword,” sê Leon. “Dié keer kon ek die karakters ook meer bou. Die storie bly dieselfde, maar baie van die tonele en karakters is nou ryker en voller.”

Ongelukkig moes Leon ’n paar karakters uitskryf, omdat die fliek, wat in 8 dae afspeel, korter is as die reeks. Nog ’n verandering is dat die film in die hedendaagse tyd afspeel en nie in die 1980’s nie.

“Dit maak dit moeilik, want met die internet is dit nie so maklik om geheime te hou nie. Ek moes planne maak om hindernisse vir die polisie te maak.”

Dié storie gaan oor Jacques Rynhard, ’n joernalis wat aan die verkeerde kant van die spoorlyn grootgeword het en skielik verdwyn. Nog ’n joernalis, Carina Human, moet hom vind. In haar soektog ontdek sy ook ’n paar geheime …

“Dit voel absoluut of ek ’n persoonlike band met die karakters het,” sê Leon. “Jacques is ’n skrywer – soos ek. Hy het langs die spoor grootgeword – soos ek. Maar daar hou die ooreenkomste op.”

Die fliek word in Augustus verfilm en sal tydens volgende jaar se Paasseisoen uitgereik word. Die filmspan is op die oomblik besig om die beste akteurs vir elke rol te kies.

“Maar ons gaan nie begin skiet totdat ons die regte Jacques gevind het nie. Jacques annekseer die ruimte om hom – jy weet hy is daar, sonder om hom te sien. Die akteur wat sy rol speel moet gewig en sjarme hê.”

Intussen het die SARIE.com-span bietjie pret gehad en ons gunsteling-akteurs en -aktrises uit Hollywood gekies om in dié fliek te speel …

Ons Hollywood-weergawe van Ballade vir ’n enkeling

Jacques Rynhard

Destyds het Gavin van den Berg dié rol gespeel.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

Leon meen Ryan Gosling sal Hollywood se perfekte Jacques speel.

 

 

 

 

Ons reken Chris Hemsworth en Michael Fassbender staan ook ’n kans.

Lena Aucamp

Ons dink Hollywood se Jessica Chastain en Rachel McAdams sal ideaal wees in die rol van Jacques se liefde, Lena, wat destyds deur Selma van der Vyver vertolk is.

Carina Human

Karin Retief het destyds dié jong joernalis gespeel. Onder Hollywood se groot name sal Maggie Gyllenhaal, Keira Knightley of Michelle Williams die perfekte Carina wees.

Jan-Paul Otto

Alwyn van der Merwe FOTO:  Vintage Media

Alwyn van der Merwe
FOTO: Vintage Media

 

Ons sal daarvan hou om vir Joseph Gordon-Levitt of Bradley Cooper as Jacques se beste vriend te sien. Alwyn van der Merwe (links) was Jan-Paul in die 80’s.

 

Meisie Moolman

Ons dink die jong sterre Emma Stone, Lena Dunham en Anna Kendrick sal Shareen Swart se rol as Meisie hul eie kan maak.

Alicia Francke

Brümilda van Rensburg én skoonheidskoningin Anneline Kriel het albei die rol van Alicia vertolk. Anneline is aanvanklik vir die rol gekies, maar nadat sy swanger geword het, het Brümilda haar vervang.

Ons dink Jennifer Lawrence, Blake Lively of die model-aktrise Kate Upton sal perfek in dié rol pas.

WAT DINK JY? WIE HOORT IN DIE FLIEK-WEERGAWE VAN BALLADE VIR ’N ENKELING? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

  • Elzette Potgieter

    Sal bitter graag wil toegang kry tot die reeks, is daar erens waar mens dit kan aflaai of koop? Sal so lekker wees as hulle dit beskikbaar stel op DVD of elektronies formaat!

    • Francois Viljoen

      Hi Elzette – jy kan dit van SABC bestel. Praat met Tarren 011 714 6650

      • Alloytoo

        Hi Francois – You don’t happen to have an email address I use to order (I’m overseas)