FOTO Instagram / @barbrastreisand

FOTO Instagram / @barbrastreisand

Het jy gehoor?

Barbra Streisand sing saam met Oscar-wenners

Dis omtrent ’n goeie jaar vir die talentvolle maar private Barbra Streisand. Dié wenner van ’n Tony, Grammy, Oscar en Emmy het vir die eerste keer in 46 jaar ’n toekenning by die die Tony-teatertoekennings oorhandig.

Maar Hollywood is veral gaande oor haar nuutste album. Encore: Movie Partners sing Broadway bevat duette van Barbra saam met ’n paar A-lys-akteurs soos Anne Hathaway, Jamie Foxx, Hugh Jackman, Chris Pine en selfs Melissa McCarthy. Dit bevestig net weer dié sanger se reuse-invloed in die vermaakbedryf.

@iamjamiefoxx — so sweet, funny… excellent singer too!!

A photo posted by Barbra Streisand (@barbrastreisand) on

Barbra se bekroonde loopbaan het in die 1960’s op Broadway begin.

Luister net hoe sing Barbra saam met akteurs Anne Hathaway, Daisy Ridley en Jamie Foxx:

Vir die eerste keer in 3 jaar sal sy ook weer op die verhoog optree, maar haar konsert gaan net in Noord-Amerika toer.

Dis nie al waarmee die bedrywige Barbra haar besig hou nie. Sy sal vir die vierde keer regisseur speel, dié keer van die rolprent Catherine the Great. Die Britse aktrise Keira Knightley is glo die gunsteling om die hoofrol te vertolk.

Die eerste drie rolprente waarvan sy regisseur was, was Yentl (1983), The Prince of Tides (1991) en The Mirror has Two Faces (1996).

In Suid-Afrika het The Fugard Theatre twee weke terug oudisies gehou vir die musiekblyspel Funny Girl. Dit sal volgende jaar te sien wees.

Barbra Streisand het destyds die hoofrol (Brice) gespeel, en het ook die hoofrol vertolk toe dit in 1968 in ’n rolprent omskep is. Sy het vir dié vertolking ’n Oscar as beste aktrise gewen.

Een van die bekendste liedjies in Funny Girl is “Don’t Rain On My Parade”, wat in dié video-uittreksel van die 1968-film met Barbra as Brice gehoor kan word:

Lees nou

Audrey Hepburn se geheime sien die lig

Nuwe trend: Kontoer jou hare!

Teleurstelling tot sukses: Van Meryl tot Lizz