FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Beckham en Ramsay open nie meer restaurant saam

Dié voormalige sokkerspeler, wat glo ‘n restaurant saam met sy goeie sjef-vriend sou open, het op baie kort kennisgewing uit dié transaksie onttrek. Die rede? Dit het aan die lig gekom dat dié vriende totaal verskillende idees vir die projek gehad het en daarom het Beckham besluit om liewer nie meer daarvan deel te wees nie.

Afgetrede David Beckham nou agter die kospotte?

‘n Bron het aan die Daily Mirror-koerant gesê hoewel die twee beste vriende is, is hulle albei baie vurige sakemanne en wil verskillende dinge vir die restaurant hê. “Beckham was op die punt om in dié besigheid te belê. Hy was selfs ook ‘n keer of wat op die perseel. Hulle het lank en hard met mekaar gepraat en toe besluit om nie by die geleentheid saam te werk nie,” het die bron verklap.

Gordon Ramsay en Nataniël werk ook gereeld saam

Dié restaurant, Union Street Café, het reeds talle opgewonde kliënte gelok, wat verlede maand al hul besprekings op die restaurant se webtuiste gemaak het. Meer as 1 200 besprekings is binne ‘n halfuur vandat die restaurant se webtuiste geopen het, gemaak, en 2 500 binne 4 uur. Ten spyte van die gewildheid van Union Street Café het David eerder op ‘n pastei-en-fyn-aartappel-eetplek besluit. Dié gereg is baie tradisioneel en is veral in die ooste van Londen ‘n groot treffer. Volgens ‘n vriend gaan hy dié eetplek begin in die hoop dat dit later ‘n wêreldwye kettingwinkel sal word.

Dit klink darem nie asof Ramsay en Beckham kwaai vriende geword het nie. Dit sou nogal ongemaklik gewees het, aangesien Beckham en sy vrou, Victoria, huisvriende is met Ramsay en sy vrou, Tana. David se tienerseun Brooklyn en Gordon se dogter Megan het ook in die verlede ‘n rukkie uitgegaan.

FOTO: Gordon Ramsay op die voorblad van sy kookboek Gordon Ramsay’s Ultimate Home Cooking.

Bron: contactmusic.com