Romeo (heel links) vir Burberry

Romeo (heel links) vir Burberry

Het jy gehoor?

Romeo Beckham goed vir besigheid

Romeo Beckham is glo verantwoordelik vir die groeiende belangstelling in Burberry se militêre jasse, berig Hello!.

Met ouers soos David en Victoria Beckham wat selde ’n modevoet verkeerd sit, is ons nie verbaas dat die stylvolle Romeo so invloedryk is nie. Nadat dié 12-jarige verlede jaar in Burberry se Kersveldtog verskyn het, het die verkope van die ikoniese jas by dié luukse modehuis met 10% gestyg.

Een van die jasse kan jou net bietjie meer as £1 500 (R26 400) uit die sak jaag.

Dit lyk of Burberry ’n wenresep beet het. Die algehele verkope van Burberry het met 13% gestyg hy in 2013 in sy eerste veldtog vir die Britse handelsmerk verskyn het.  

Die hoof van Burberry, Christopher Bailey, het gesê dat dit aangenaam is om met Romeo te werk: “Hy het ’n sterk opinie gehad en hy was baie betrokke by die keuse van sy kleredrag”.

Bron: Hello!

Sal jy so baie vir ‘n jas betaal?

  • JA
  • NEE

Lees nou