FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Behati Prinsloo en Adam Levine getroud, en dís wat sy gedra het …

Die 25-jarige model wat in Namibië gebore is, het die naweek met People se Sexyste man van die Jaar getrou.

Die Victoria Secret-model Behati Prinsloo en Maroon 5-sanger het in Meksiko afgehaak – en Behati het glo die mooiste ontwerpersrok gedra.

Volgens People het Behati ’n Marchesa-rok gedra wat spesiaal vir haar gemaak is, en kenners waarmee Daily Mail gepraat het, meen dit sal dié luukse modehuis se herfs 2014-reeks naboots.

Dié reeks is glo geïnspireer deur die kinderboek The Secret Garden en is baie romanties met kant-detail en lang sluiers.

Onder die sowat 275 gaste by Flora Farms in Los Cabos, Meksiko, was Robert Downey Jr., die SA model Candice Swanepoel en James Valentine en Jesse Carmichael van Maroon 5. Die akteur Jonah Hill en Behati se pa, Boet, het glo die seremonie gelei.

Dít is hoe die organiese plaas lyk, naby die vakansie-oord Los Cabos:

Bronne: People en Daily Mail

Nóg oor Behati Prinsloo op SARIE.com