FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Behati Prinsloo en Adam Levine se trouplanne

Die datum en plek van die Namibiese model Behati Prinsloo en haar sanger-verloofde, Adam Levine, se troue is bekend.

Blykbaar gaan dié twee sterre tydens die naweek van 18 Julie in Meksiko afhaak. Hierna maak hulle ’n draai in Suid-Afrika vir ’n tweede viering, onthul die skinderblogger  Perez Hilton. Lees die volle artikel hier.

Nóg bekendes met Namibiese wortels

Dié glanspaartjie se bruilof gaan glo ’n naweeklange fees by Hotel El Ganzo in Los Cabos, Meksiko, wees. Behati en Adam beplan om die Vrydagaand ’n spesiale ete ter voorbereiding van hul groot dag te hou voordat hulle op die Saterdag finaal trou aan mekaar beloof. Daarna sal hulle op die Sondag vir oulaas saam met hul gaste kuier voordat hulle op hul wittebrood vertrek.

Behati se pa praat oor Adam

Die Britse koerant Daily Mailberig dat die Los Cabos-omgewing een van die paartjie se gunsteling-vakansieplekke is. Hulle het blykbaar ook vanjaar se Nuwejaar daar gevier.

Die 25-jarige model en Victoria Secret Angel het reeds haar trourok gekoop, maar wil nog nie sê wie die ontwerper daarvan is nie. “Dis boheems en reg vir die strand. Baie ‘ek’,” het sy aan Daily Mail oor haar rok gesê.

Die groot vraag is waarheen dié twee vir hul wittebrood sal gaan. Blykbaar beplan hulle om kort ná hul bruilof in Suid-Afrika te kom kuier waar hulle ’n spesiale geleentheid vir Behati se familie en vriende sal hou wat nie Meksiko toe kan gaan nie.

Het jy al Adam se nuwe haarstyl gesien?

Adam, wat verlede jaar aangewys is as die wêreld se sexyste man, het glo ook onlangs sy haneparty in Las Vegas gevier. Hy en sy vriende het gaan uiteet in ’n private eetkamer by die Palms Casino-oord en in dié oord se Hardwood-suite oorgebly. Dié suite is omtrent groot en luuks! Dis 930 vierkante meter en het ’n private dansbaan, ’n butler wat 24 uur aan diens is én ’n binnenshuise basketbalbaan.

Bronne: PerezHilton.com & Daily Mail