Het jy gehoor?

Behati se pa, Boet Prinsloo, praat oor Adam Levine

Enige verloofde persoon weet: jy sê nie net ‘ja’ vir jou eggenoot nie, maar ook vir sy of haar hele familie. Adam Levine moes dus nie net Behati se hart wen nie, maar ook haar ouers s’n. Haar pa sê oor Adam:

Enige persoon wat my dogter in haar lewe wil hê, sal ons met ope arms verwelkom. En ons is gelukkig om Adam deel van ons familie te hê.

Behati Prinsloo

En wie het geweet die 34-jarige Adam is so tradisioneel? Hy het eers toestemming by sy toekomstige skoonouers gekry vóór hy vir haar die ja-woord gevra het. Alhoewel hulle al per telefoon gepraat het, het Behati se pa nog nooit sy bekende toekomstige skoonseun in persoon ontmoet het.

Gaan hierdie celeb-troue dalk in Suid-Afrika of Namibië gebeur? Pa Boet glo nie so nie. “Ek dink dit is die beste as ons eerder oorgaan.”

Haar ring is blykbaar baie mooi en sy noem dit “perfek”. “Ek is so gelukkig en opgewonde en kan dit steeds nie regtig glo nie! Hy het op sy een knie gegaan … dit was baie ernstig, baie konvensioneel,” het sy in ‘n onderhoud op ET Canada gesien.