FOTO Instagram / @daisyridley

FOTO Instagram / @daisyridley

Het jy gehoor?

Bekende aktrise het endometriose

Op 15-jarige ouderdom het die Star Wars-aktrise Daisy Ridley vasgestel dat sy aan endometriose ly. Sy het op sosiale media vertel hoe hierdie pynlike, chroniese siektetoestand haar selfbeeld beïnvloed het.

Agt jaar later is haar pyn minder, maar haar vel slegter. Sy het ’n foto van haarself met ’n gesigmasker op Instagram gedeel.

At 15 I was diagnosed with endometriosis. One laparoscopy, many consultations and 8 years down the line, pain was back (more mild this time!) and my skin was THE WORST. I’ve tried everything: products, antibiotics, more products, more antibiotics) and all that did was left my body in a bit of a mess. Finally found out I have polycycstic ovaries and that’s why it’s bad. I can safely say feeling so self conscious has left my confidence in tatters. I hate wearing make up but I currently don’t want to leave the house without it on. HOWEVER PROGRESS IS BEING MADE! (With some help from a dermatologist and cutting out dairy (waah, except for spontaneous ice creams) and cutting down sugar (bigger waah but gotta do what you’ve gotta do)). Finally. Finally. (Throughout all this I’ve only had people being wonderful and encouraging and occasionally making me realise I’m being ridiculous and there’s more to life)… My point is, to any of you who are suffering with anything, go to a doctor; pay for a specialist; get your hormones tested, get allergy testing; keep on top of how your body is feeling and don’t worry about sounding like a hypochondriac. From your head to the tips of your toes we only have one body, let us all make sure ours our working in tip top condition, and take help if it’s needed. #wasthispostlongenough #maybethesehashtagscanbulkitupabit #alsohowmanybracketsdoesonewomanneed #ifyourereadingthisiapplaudyou #thisisaclaymaskincaseyourewondering

A photo posted by @daisyridley on

Daisy is nie die enigste bekende wat al openlik oor endometriose gepraat het nie. Aktrises Whoopi Goldberg, Susan Sarandon en Julianne Hough het al in onderhoude oor hul stryd gepraat.

Die Amerikaanse aktrise Lena Dunham, wat bekend is vir haar HBO-reeks, Girls, se stryd met die siektetoestand endometriose het veroorsaak dat sy in Februarie ’n ruskans moes vat.

Lena het destyds op sosiale media aangekondig dat sy nie deel van die bemarking vir die vyfde seisoen gaan wees nie. “Ek gaan op die oomblik deur ’n moeilike tyd met my siekte. En my liggaam, asook my ongelooflike dokters, het my laat weet dat dit nou tyd is om te rus. Dis moeilik, maar ek wil seker maak Girls se seisoen 6 is beste een nog,” het Lena op sosiale media geskryf.

  Hey Beloved Pals, I just wanted to let you know that, while I am so excited for Girls to return on Feb 21, I won’t be out and about doing press for the new season. As many of you know I have endometriosis, a chronic condition that affects approximately 1 in 10 women’s reproductive health. I am currently going through a rough patch with the illness and my body (along with my amazing doctors) let me know, in no uncertain terms, that it’s time to rest. That’s a hard thing to do, but I’m trying, because all I want is to make season 6 of Girls the best one yet. I’m lucky enough to have support and backup from Jenni, Judd and the whole Girls gang. So many women with this disease literally don’t have the option of time off and I won’t take it for granted. Wishing you all health & happiness, in whatever form suits you. Back soon xxLena   A photo posted by Lena Dunham (@lenadunham) on

Wat is endometriose?

Endometriose is ’n pynlike, chroniese siektetoestand waarvan die endometrium, die voeringlagie van die baarmoeder, ook plek-plek buite die baarmoeder voorkom. Endometriose veroorsaak dikwels vergroeiings in jou bekkenholte. In uiterste gevalle kan jou organe selfs aan mekaar begin vasgroei, wat as ’n “gevriesde bekken” bekend staan.

Dis die intense ontsteking, tesame met die vergroeiings, wat dikwels tot ondraaglike pyn tydens menstruasie lei. Die pyn sprei gewoonlik vanuit jou bekkenholte na jou lies, rug en dye en is soms so intens dat dit jou lewe en verhouding versuur. Pyn gedurende en ná seksuele omgang is algemeen. Diarree, hardlywigheid, ’n opgeswelde buik en bloederige urine kom ook dikwels voor. Baie vroue het ook onreëlmatige vaginale bloeding.

Maar nie alle lyers se simptome is ewe erg nie. Sommige vroue, met taamlik min groeisels, kan erg deurloop. Terwyl ander feitlik geen pyn het nie ondanks erge groeisels. Jy kan dalk eers agterkom jy het endometriose ná ’n besoek aan ’n vrugbaarheidspesialis of nadat ’n laparoskopie gedoen is. Sowat 30 tot 40% van vroue wat hieraan ly, is onvrugbaar.

ABC van Endometriose

Voorkoms

• Sowat 5 – 10% van vroue in hul vrugbare jare beleef die aftakelende pyn van endometriose.

• Sowat 75% van vroue met chroniese pyn in hul bekken ly aan endometriose. So ook 25 – 40% van onvrugbare vroue.

Algemene simptome

• Pynlike menstruasie
Premenstruele pyn
• Pynlike of moeilike geslagsomgang
• Chroniese bekkenpyn

Ander Simptome

• Rugpyn
• Chroniese moegheid

Bronne: Health24

Die artikel, ‘Groot deurbraak in endometriose’, is geskryf deur SARIE se gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe en het in die September 2013-uitgawe verskyn.

Lees nou

Adele het die heeldag gehuil – dís hoekom

Akteur Tom Cruise se nuwe projek: Botox

  • Karin Seaman

    So baie vrouens ly eintlik daaraan. Ek het ook / gehad. Dit het op 18 begin, en toe het ek n laparoscopy gehad op 21 om dit te verwyder. En al wat regtig keer dat dit terug kom, is om n mirena in te sit. N tipe voorbehoed stelsel wat 5jaar in kan bly. Ek het nou al my 2de een in.