Het jy gehoor?

Bekende Amerikaanse sangeres speel Nina Simone in nuwe fliek, Naomi Watts speel Marilyn Monroe

Die regisseur Cynthia Mort (bekend vir TV-reekse soos Roseanne en Will & Grace) se draaiboek fokus op Simone se verhouding met haar assistent Clifton Henderson (vertolk deur David Oyelowo).

Die fliek gaan sowat $10 miljoen kos om te maak, en verfilming sal later vanjaar begin.

Nina Simone (haar regte naam was Eunice Kathleen Waymon) is in 2003 in die ouderdom van 70 jaar oorlede. Van haar grootste treffers sluit in “My Baby Just Cares for Me”, “I Put a Spell on You” en “Feeling Good”. Sy het in haar leeftyd meer as 40 albums opgeneem.

In die 1960’s is sy met bipolêre depressie gediagnoseer. Dis egter eers ná haar dood bekend gemaak.

Mary J. Blige is ‘n bekroonde sangeres met 8 Grammy-toekennings in haar sak. Haar 9 albums se verkope staan op 45 miljoen. Maar as aktrise het sy ook al haar slag gewys in TV-programme soos
30 Rock, The Jamie Foxx Show en Ghost Whisperer. (Bron: www.independent.co.uk)

[box:350:grey:left]

Naomi Watts

Nog nuus! Naomi Watts gaan Marilyn Monroe speel
Naomi Watts gaan die rol van Marilyn Monroe in die nuwe biografiese film, Blonde, speel. Die film is gebasseer op die boek met dieselfde titel geskryf deur Joyce Carol Oates. Blonde vertel die bekende aktrise se verhaal van roem en haar befaamde liefdeslewe.
Watts was al in Monroe-karakter by die 2008 Met Gala waar sy in ‘n wit Thierry Mugler halternekrok met blonde krulle en bloedrooi lippe verskyn het.
Verfilming begin in Januarie 2011.
Bron: www.instyle.com

[/box]