FOTO Verskaf deur Chanel

FOTO Verskaf deur Chanel

Het jy gehoor?

Bekende blondine nou ’n brunet

Vir maande het die Amerikaanse aktrise Kristen Stewart ’n kort platinumblonde haarstyl gedra. En as gesig van die skoonheids- en modehuis Chanel, sedert 2013, het sy dikwels die aandag getrek. By vanjaar se Cannes-filmfees het sy van kop tot toon in Chanel verskyn. Nou het Kristen haar hare donkerder gekleur en dit lyk steeds in die kol.

Die Personal Shopper-aktrise is gister in Parys, Frankryk, afgeneem met haar nuwe haarstyl. Hoewel haar kapsel steeds kort is, is dit nou ’n warm sjokoladebruin.

Kyk net die verskil:

Screen Shot 2016-11-09 at 12.14.21 PM

SKERMGREEP VOGUE

Is jy onseker of jou haarkleur by jou pas? 

Volg dié wenke:

As jou oë blou, grys of donkerbruin is, lyk haarkleure met koel ondertone die beste by jou. Dink aan ligte skakerings soos ysblond en platinumblond, koperrooi, bruin skakerings met ’n grys ondertoon of swart skakerings met ’n blou ondertoon.

As jy ’n goudbruin of groen oogkleur het, sal warm haarskakerings met sagte goue of “botter” ondertone die beste by jou pas, soos dieprooi, goudblond, goudbruin of ’n ryk donker skakering.

20160609_Haar en oe infographic

Lees die volledige storie hier.

Lees nou

Marius Weyers is DIE PA

Nóg ’n baba vir dié celeb!