hugh
Het jy gehoor?

Bekende fliekrolle wat vir ander akteurs bedoel was

Jy het gedink hulle was uitgeknip vir die rol. Maar heelparty van jou gunsteling-akteurs was nie die eerste keuse vir hul deurbraakrolle nie, berig MSN Entertainment.

1. Kate Winslet wat met ’n Oscar bekroon is vir haar rol in The Reader (2009), was nie die eerste keuse vir dié drama nie. Vervaardigers wou glo gehad het Nicole Kidman moes die hoofrol vertolk.

kate

Dit was egter nie die eerste of enigste keer dat Kate soort van as nagedagte ingespan is nie. James Cameron, die vervaardiger van Titanic (1997), wou gehad het Gwyneth Paltrow moes die hoofrol in dié ikoniese fliek speel.

2. Die Silver Linings Playbook-akritse Jennifer Lawrence het op 17-jarige ouderdom ’n oudisie vir Twilight se Bella Swan afgelê . Kristen Stewart het egter die vroulike hoofrol losgeslaan.

jennifer 2

3. Burt Reynolds het nee dankie gesê vir die rol van Edward Lewis in Pretty Woman (1990), wat toe deur Richard Gere vertolk is. Ná die sukses van die fliek het hy geskerts dat hy spyt is hy het nie die rol aanvaar nie nadat hy gesien hoe warm sommige van die tonele geraak het.

burt

4. Hugh Jackman is gevra om James Bond in Casino Royale (2006) te vertolk. Hy het dit egter van die hand gewys omdat hy reeds twee ikoniese karakters in Wolverine en X-Men vertolk het. Daniel Craig het die rol aanvaar.

hugh

5. Tom Hanks was nie die eerste óf tweede keuse vir sy Oscar-bekroonde rol in Forrest Gump (1994) nie. Vervaardigers het glo die rol aan Bill Murray en John Travolta aangebied.

tom

6. Sarah Jessica Parker, wat roem verwerf het vir haar rol as Carrie Bradshaw in die Sex and the City-reekse- en flieks, was ook nie die eerste keuse vir dié rol nie. Vervaardigers wou glo gehad het Dana Delany moes die rol vertolk. Dana het ook nee gesê vir die rol van Bree Van De Kamp in Desperate Housewives.

Sarah Jessica Parker on Cover for Harper's Bazaar US September 2013

 Lees nou