Melanie Griffith Antoino Banderas
Het jy gehoor?

Antonio Banderas en Melanie Griffith finaal uitmekaar

Antonio Banderas en Melanie Griffith het volgens People.com pas die finale stap in hul egskeiding geneem en die dokumente geteken. 

’n Bron na aan die paartjie – wat 18 jaar lank getroud was – sê hulle hanteer die egskeiding goed. “Daar is nie baie drama nie en hulle is beskaafd met mekaar.”

Hulle het in Junie verlede jaar aangekondig dat hul huwelik op die rotse is. Tog staan hulle steeds saam wanneer dit by hul dogter, Stella, kom. Melanie het verlede maand ’n gesinsfoto op Instagram gedeel by Stella se gradeplegtigheid.

Antonio het ook aan ’n Spaanse publikasie gesê dat hulle mekaar steeds gereeld sien. “Ons gesin is nie dood nie. Glad nie.”

Bron: People.com

Lees ook