Leighton Meester FOTO: Instagram  itsmeleighton

Leighton Meester FOTO: Instagram itsmeleighton

Het jy gehoor?

Bekende Hollywood-paartjie kuier in SA

Die pasverloofde paartjie die Gossip Girl-ster Leighton Meester en Adam Brody van The O.C kuier in Suid-Afrika. En die wêreld kan nie genoeg van hulle kry nie!

Die paartjie het vroeër die jaar in die geheim begin uitgaan en nog net op ’n paar geleenthede saam in die publiek verskyn. SARIE.com het verlede maand aangekondig dat dié twee populêre akteurs verloof is, maar sedert dié aankondiging kon die media hulle nog nie saam op kamera vasvang nie. Tot hierdie week in Kaapstad.

Dié paartjie is saam op Kaapstad se internasionale lughawe gesien en die fotograwe was reg vir hulle. Toe hulle eers die fotograwe gewaar, het Leighton vinnig haar arms gevou en haar ringvinger versteek.

E! Online is een van baie internasionale webtuistes wat vinnig dié foto’s opgeraap het.

Leighton MeesterKyk HIER na nóg foto’s

’n Aanhanger het die geleentheid gekry om saam met Leighton op die lughawe ’n foto te neem en het dít op Twitter gedeel:

Dit is nog nie seker wat hulle vakansieplanne is en of hulle ook aan die verskeie geleentheide gaan deelneem om oudpresident Nelson Mandela se dood te rou nie. Maar volgens onbevestigde berigte op sosiale media gaan hulle die Kruger Nasionale Park besoek voordat hulle terugkeer na Los Angeles.

Dié bekendes is in SA om Madiba te gedenk

Leighton en Adam het mekaar in 2011 op die stel van die fliek The Oranges ontmoet en het sedertdien gereeld by mekaar gekuier. Hulle het eers aan die begin van vanjaar erken dat hulle ’n paartjie is. Dié 2 was omtrént geheimsinnig oor hul verhouding en is min saam gesien. En toe slaan hulle ons uit die veld met die aankondiging dat hulle verloof is. Leighton en Adam speel ook saam in die nuwe komedie Life Partners wat volgende jaar vrygestel word.

The Oranges

Adam Brody van The O.C  (FOTO: Instagram)

Adam Brody van The O.C FOTO: Instagram

Die 33-jarige The O.C-akteur het voorheen met sy mede-ster van dié reeks Rachel Bilson uitgegaan. Hulle was in The O.C ’n paartjie en het die rolle van Seth en Summer gespeel. Dié twee het in 2006 hul verhouding beëindig. Leighton en haar mede Gossip Girl-ster Sebastian Stan was vir twee jaar ’n paartjie voordat hulle in 2010 uitmekaar is.

Bron: News.com