vonwest17mailrz
Het jy gehoor?

Christa Steyn se laaste projek

Christa Steyn se begrafnisreëlings
Vrydag 15 Junie
11:00
Pretoria-Oos NGK (tussen UP en Afrikaans Meisies Hoër)
h/v Kirkness, Lynwood en Jorissen

Verversings in kerksaal na afloop van diens
Geen foto’s of videos word toegelaat nie

Christa Steyn het die verwerkings vir dié album wat rock en opera meng, gedoen. Die album self is ook aan haar opgedra.

As jy hou van Andrea Bocelli en Josh Groban, maar jou ore ook graag uitleen aan die rockers, is VonWest se debuutalbum een vir jou versameling. Dit spog met treffers soos “Ek lewe vir jou”, “Hou jy nog steeds van my”, “Caruso”, “Adagio”en “She’s Always a Woman to Me”.

VonWest - Pieter West en Dewald von Solms

Vir Pieter is dit ‘n opwindende projek – met ‘n kitaar onder die blad óf op ‘n meer ernstige verhoog saam met VonWest, dit bly vir hom gemaklik. Hy het die gehore gaande gehad met sy vertolkings van “You can Leave your Hat on” en “Dancing in the Dark” in die 6de seisoen van Idols, en sy stem komplimenteer Von Solms se meer klassieke aanslag.

Dewald von Solms is een van SA se top-tenore. Saam met die Black Tie Ensemble, Cape Town Opera, Opera Africa, The Playhouse Company, Salon Musiek en die Tel Aviv Operahuis het hy al regoor die wêreld gesing. Nóú, op die kruin van sy loopbaan, het hy besluit om die klassieke verhoog vir dié van ligte(r) musiek te verruil. 

Kyk na hul eerste musiekvideo

  • Heinriette UYs

    Dis absoluut ongelooflik mooi

  • Karina

    Mal oor die video-insetsel hier. Is dit al in die musiekwinkels?

  • Aletta de Nysschen

    WOW!!!!

  • minette

    Absoluut iets besonders van n besonderse vrou. So trots op haar. Ek saluut jou Christa. Rus in vrede

  • Adelle Botes

    Stunning! Wat ‘n talent!!! Die manne kan maar…wat ‘n pragtige herinnerig aan "n wonderlike talent, Christa Suid Afrika sal jou mis

  • Ronel Heydenrych

    Ek sit met ‘n knop in my keel en trane wat vloei. Dit is een van die mees ongelooflikste video-insetsel wat ek in ooit in Afrikaanse musiek gesien het en dit ‘n dag na die afsterwe van Christa. Christa jy is op ‘n plek waar al die pyn en leiding verby is. Ek het my pappie en man afgestaan beide aan kanker en net om na die woorde te luister tydens die onderhoud met Coenie is geweldig emosioneel, jy is inderdaad ‘n voorbeeld van soveel kankerlyers.

  • Johan

    Baie besonders.