Taylor Swift
Het jy gehoor?

Bekende miljoenêrs onder 30

Sente omdraai is nie elkeen se voorland nie – veral nie as jy ’n miljoenêr is voor jy die ouderdom van 30 bereik het nie.

Dié is van die mees bekende miljoenêrs onder die ouderom van 30:

Adele

AdeleRollingStone_Full

Dié sangeres wat bekendheid verwerf het vir haar album 21, wat geïnspireer is deur ’n verbroke verhouding, het Adele al die pad bank toe laat lag. Popsugar berig dat sy al byna $75 miljoen uit dié CD gemaak het.

Kaley Cuoco-Sweeting

The Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco-Sweeting (29) het in 2014 ’n kontrak geteken wat bepaal dat sy $1 miljoen per episode verdien. Popsugar berig dat sy in 2014 alleen $11 miljoen verdien het vir dié gewilde reeks.

Zac Efron

zac-efron-gq-magazine-may-2009-04

Zac Efron (27), wat bekendheid verwerf het vir sy rol in die High School Musical-flieks, pronk ook onder die jong miljoenêrs. Dié akteur het vanaf sy laaste verskyning in High School Musical 3 byna $18miljoen verdien, berig Popsugar.

Lady Gaga

lady gaga

Lady Gaga (29) het in 2011 die grootste deel van haar fortuin verdien. Tog het die “Born This Way” sangeres $33 miljoen in 2014 gemaak , skryf Popsugar.

Taylor Swift

Taylor Swift

Taylor Swift (25) pryk ook op Forbes se lys van hoogsbetaalde bekendes. Sy het in 2014 $64 miljoen verdien, berig Popsugar.

Bruno Mars

bruno mars0

Bruno Mars (29) wat bekend is vir sy liedjies soos “Just The Way You Are” en “Uptown Funk” het volgens Popsugar $60 miljoen verdien in 2014 alleen.

Ander bekende miljoenêrs onder die ouderdom van 30 sluit in Kylie Jenner, Nick Jonas, Miley Cyrus, One Direction, Selena Gomez en Justin Bieber.

Lees nou