Het jy gehoor?

Bekende model Cara Delevingne wil nou sing

Dit lyk asof die Britse model, wat ook ’n klein rol in Anna Karenina vertolk het, een van die dae ook ’n musiekloopbaan gaan begin.

The Sun en Huffington Post berig dat Cara, wat saam met die akteur Eddie Redmayne (Les Miserables, My Week with Marilyn) die gesigte van Burberry se nuutste veldtog is, besig is met onderhandelings om ’n album by Jay-Z se platemaatskappy, Roc Nation, op te neem.

Saam met Karl Lagerfeld van Chanel.
Saam met Chanel se bekende ontwerper, Carl Lagerfeld.

’n Betroubare bron het aan The Sun onthul dat die 20-jarige model en aktrise nou as ’n ernstige sangeres gesien wil word. Sy besig haarself al glo ’n paar maande met musiek en het dit nou vir Jay-Z se bestuurders by Roc Nation gestuur. Nadat sy die bekende rapper en musiekvervaardiger onlangs agter die verhoog ontmoet het met een van Beyoncé se konserte, het hulle goed oor die weg gekom. Nou hoop Cara dat hy haar ’n kans sal gee.

Saam met 'n oulike uil.
Cara speel met uile agter die skerms van nog ‘n fotosessie. Mail Online vertel meer oor dié fotosessie!

Cara se goeie vriendinne Rita Ora en Rihanna is ook by Roc Nation, wat volgens The Sun graag wil uitbrei deur kontrakte met bekendes uit ander velde, wat beteken Cara kan dalk op die oomblik perfek by hul profiel inpas.

Agter die skerms by die New York Modeweek.
Cara agter die skerms met die New Yorkse Modeweek.

Ander kunstenaars by Roc Nation is Kylie Minogue, Calvin Harris en Shakira.