alanis_morissette
Het jy gehoor?

Bekende sangeres sal seun tot op 6 jaar borsvoed

Sy het op Good Morning America op die Amerikaanse TV-kanaal ABC gesê dat sy bereid is om haar 17 maande oue seuntjie, Ever, te borsvoed totdat hy 6 jaar oud is. Dit was in antwoord op ‘n vraag oor die kontroversie om attachment parenting, soos dit in die TIME-artikel genoem is, en waarvan borsvoeding tot op ‘n later ouderdom ‘n element is.

“Ek weet dat sommige kinders ná 2 jaar nie meer geborsvoed wil word nie, maar vir ander neem dit langer. Dit hang regtig van kind tot kind af,” het Morissette gesê.

Sy is getroud met die musikant Mario (MC Souleye) Treadway. Kyk na ‘n video van die onderhoud met Alanis Morissette op www.huffingtonpost.com

Nóg ‘n ma wat haar steun getoon het, is die Big Bang Theory-aktrise Mayim Bialik (36), wat haar 3-jarige seun borsvoed. Sy’t ook ‘n boek geskryf: Beyond the Sling: A Real-Life Guide to Raising Confident, Loving Children the Attachment Parenting Way.

TIME se voorblad - 21 Mei 2012

Lees ook ‘n onderhoud met Jamie Lynne Grumet wat saam met haar kind op die kontroversiële TIME-voorblad verskyn.

FOTO: www.alanis.com

Wat sê jy? Tot op watter ouderdom moet kinders geborsvoed word?

  • Magriet Meiring

    Moedertjie jy se jy sal hom Voed tot 6 jaar Doen jy iets anders ook soos bv werk regtig werk ook? Ag nee my aarde wie wil nou so n groot suigende kind aan jou bors he vir soooo lank! Maak maar so as jy na 5 jaar nog lus het, jy se mos jy " SAL" Snaakse seun wat dan nog wil drink!!!!!!