FOTO Instagram @katherineheigl

FOTO Instagram @katherineheigl

Het jy gehoor?

Bekende se derde baba gebore

Die Amerikaanse aktrise Katherine Heigl en haar man, die sanger en liedjieskrywer Josh Kelley, is nou die ouers van drie kinders!

Die aktrise het die lewe geskenk aan klein Joshua Bishop Kelley Jr. op 20 Desember 2016, berig E News.

Katherine het verlede jaar die nuus oor haar swangerskap op haar blog, Heavenly days, gedeel.

“Dit was baie onverwags, maar baie opwindend,” het sy oor haar swangerskap geskryf.

Die paartjie het reeds twee aangenome dogters, Naleigh Moon (7) en Adalaide Marie Hope (4).

  A photo posted by Katherine Heigl (@katherineheigl) on

Ons kan nie wag om klein Joshua te sien nie!

Lees nou:

Só klink ‘Fifty Shades Darker’ se temalied!

Dié 2 aktrises is verloof!

Aktrise Gerwen Simon is swanger!