Het jy gehoor?

Bekende, sexy Grammy-wenner kom na SA

Sy Kersfees-CD is tans nommer een wêreld met die Kers-seisoen wat pas aangebreek het. Hy het al bykans 30 miljoen albums verkoop, waarvan ‘n halfmiljoen deur Suid-Afrikaners opgeraak is.

Met dié vertoning kan jy uitsien na liedjies soos “Home”, “Everything”, “Haven’t Met You Yet” en sy onlangse treffer, “Hollywood”.

“Ek kan nie wag om weer te toer nie. Ek’t my aanhangers gemis,” het Bublé oor die Crazy Love-toer gesê.

Kaapstad – aangebied deur Heart 104.9 FM ne M-Net
1ste en 2de Mei 2012
Grand Arena, GrandWest
Kaartjies R425 –R885

Sun City – aangebied deur Jacaranda 94.2 en M-Net
5de en 6de Mei 2012
Superbowl, Sun City
Kaartjies R543 – R970

Lede van die Michael Bublé aanhangersklub kan vanaf 6 Desember om 9h00 tot en 7 Desember om 15h00 kaartjies by www.michaelbuble.com koop

Vanaf 8 Desember om 9h00 kan jy kaartjies by www.computicket.com koop of tel. 0861 915 8000.