sofia vergara lees nou blocks
Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekende strooimeisies steel kollig

As jy ’n wêreldberoemde vriendin vra om jou strooimeisie te wees, gaan jy nie die meeste aandag op jou troue kry nie. Dié bekendes het die kollig gesteel by vriende of familie se troues.

Die aktrise Sofia Vergara het die afgelope naweek haar lyf strooimeisie gehou by ʼn vriendin se troue.

@bui0728

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

Sangeres Rihanna het ook vroeër vanjaar op Instagram foto’s gedeel van haarself as strooimeisie by haar persoonlike assistent se troue.

bridesmaids. #davis420wedding A photo posted by badgalriri (@badgalriri) on

Die aktrise Mila Kunis het alte fraai gelyk as strooimeisie by haar broer, Michael, se troue. Haar kêrel, Ashton Kutcher, was ook aan haar sy.

Pippa Middleton, jonger sussie van die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het juis bekendheid verwerf vanweë haar rol as strooimeisie by die koninklike troue in 2011. Pippa se noupassende rok en agterstewe het omtrent ’n bohaai veroorsaak. Daar is selfs ʼn Twitter-profiel geskep met die naam @pippasass.