Het jy gehoor?

Bekendes blog oor SARIE se verjaardag

Etiket het hom nog altyd gefassineer sedert SARIE se Desember-voorblad in 1976. Lees bietjie watter tydlose styl- en etiket-artikels Simon gaan opdiep het uit ou uitgawes van SARIE (en hoe relevant dit steeds vandag is): Gaan na simonrademan.co.za, klik op ‘this month’s article’ en kies ‘Style, Etiquette, Beauty – 40 years ago!’

“‘n Sjarmante glimlag en gelukkige uitdrukking in jou oë en oor jou gesig kan baie meer vir ‘n vrou se goeie voorkoms doen as enigiets anders.”

“Mooi hande is ‘n waardevolle skoonheidsbate. Vra maar ‘n paar mans wat hulle die eerste aan ‘n vrou raaksien, en die kanse is goed dat minstens een sal antwoord haar hande.”

“Ons het nie almal ‘n perfekte postuur nie, maar ons kan almal leer om dit wat ons het, te verbeter.”

Oud-koerantman Hennie van Deventer is ‘n kranige blogger. En kyk net wat lees ons raak oor sy spesiale heildronk op SARIE se 60ste bestaansjaar:

“Maanlig op die Sabie” deur Tryna du Toit – dit was een van die liefdesverhale in die eerste Sarie Marais, moeder van die vrouetydskrif Sarie, wat op 6 Julie 1949, sestig jaar gelede, verskyn het. Die liefde bloei in Tryna se storie in die Skukuza-ruskamp van die Kruger-Wildtuin na allerlei teenspoed en misverstand – soos dit dikwels maar met storieliefdes gesteld is.

Die aand van 6 Julie is afgemerk op die 2009-almanak in die kombuis van ons Sabieparkse boshuis. Ek sal daardie aand by ‘n vuurtjie hier by Wildevy 154 langs die einste Sabierivier, met die rivier se geruis in my ore, ‘n glasie op Sarie se sestigste klink.

Net 24 uur later, op 7 Julie, is dit inderdaad “Maanlig op die Sabie”. Dan is dit volmaan en klink ek graag ‘n tweede glasie op daardie heuglike verjaardag-okkasie. Volmaan in die raam van die nagtelike takke-netwerk is immers een van die groot bekoorlikhede van die bos – uitgeknip om iets romanties te doen soos om op ‘n sjarmante tydskrif ‘n heildronkie te geniet.

Lees die res van sy blog hier: http://hennievandeventer.com/hvdblog/

  • Dis altyd ‘n voorreg om julle te werk. Veels geluk met jul 60 jaar viering en dankie vir die tonne, en tonne inspirasie deur die jare…

  • www.sarie.com

    Www sarie.. Neat 🙂