FOTO: Facebook  
Rocking the Daisies

FOTO: Facebook Rocking the Daisies

Het jy gehoor?

Bekendes bring hulde aan ontslape Hog Hoggidy Hog-sanger

Verskeie musikante het sosiale media gebruik om hulde aan Hog Hoggidy Hog se ontslape voorsanger te bring.

News24 berig dat die 40-jarige George Bougas (ook bekend onder die verhoognaam George Bacon) “Saterdag dood in sy bed in ’n vriend se huis in Belville gevind” is. Die oorsaak van sy dood is steeds onbekend.

As deel van Hog Hoggidy Hog se 20-jaar-reünietoer, het dié plaaslike punkrockgroep Vrydagaand ’n skare by The Assembly vermaak.

Die oorblywende lede van die groep het die nuus op hul Facebook-blad gedeel: “Dit is hartseer om die boodskap te deel. Ons het ons broer verloor en sy nagedagtenis sal in ons harte voortleef.”

George los sy vrou, Verena, en sy kind, Draco (wat in Januarie gebore is) agter.

Boodskappe van plaaslike bekendes:

So sad to hear about George. He was an inspiration, a great dude and the greatest punk rock tour guide. He is going to be missed by many.

Posted by Francois van Coke on Monday, June 1, 2015

Bron: News24  

Lees nou