FOTO Instagram @rolandamarais

FOTO Instagram @rolandamarais

Het jy gehoor?

Raai wie se mooi bababoep is dié!

¹n Bababoep is nou maar eenmaal net mooi! Hierdie swanger bekendes het onlangs die mooiste foto’s van hul groeiende bababoepe op sosiale media gedeel en nou kan jy dit ook sien!

Die aktrise Rolanda Marais is 30 weke swanger met haar en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, se eerste kind en sy lyk beeldskoon met haar babamagie. Hul dogtertjie word vroeg in Desember verwag!

A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

SA se Mej. Wêreld, Rolene Strauss, straal. Dit is haar en haar man, D’Niel Strauss, se eerste baba.

Die Namibiese model Behati Prinsloo en haar sanger-man, Adam Levine (36), is toe wraggies swanger met hul eersteling.

Die aktrise Katherine Heigl en haar man Josh Kelly verwelkom ’n baba in Januarie 2016. Hulle het reeds twee aangenome dogters, Naleigh Moon (7) en Adalaide Marie Hope (4).

Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, verwag ook hul eersteling, ’n seuntjie. Sy naam gaan Jacques wees, berig Netwerk24.

Die Suid-Afrikaanse en Victoria’s Secret-model Candice Swanepoel verwag ’n seuntjie. Sy en haar kêrel, Hermann Nicoli, gaan hul eersteling Anacã noem.

Lees nou:

Verlief, verloof, dié bekendes gaan trou

Dis die wêreld se perfekte en mooiste gesig!

50 Shades Darker-lokprent is hier!