FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Bekendes eet: Anél se sjokolade-drankie

Aktrise en rolprentvervaardiger Anél Alexander weet hoe om die winterkoue te besweer met dié warm drankie.

Sy is veral bekend vir haar rolle as Liesel in die SABC2-sepie 7de Laan en Nina in Binnelanders (kykNET & M-Net) . Onlangs was sy en haar man, James, baie in die nuus met hul bekroonde rolprent Sink, wat ook nou by die Cannes-rolprentfees bemark word.

Hulle het ook rolprente soos Discreet en Semi-Soet vervaardig … Anél is baie besig – sy het onlangs ook in die romantiese komedies Semi-SoetKlein Karoo en Mooirivier gespeel. En haar spel in Faan se Trein het groot lof ontvang.

FOTO: Facebook

FOTO Facebook

Maar Anél is ook dol op haar man en vriende. Sy hou van bederf. Soos met dié warm drankie hieronder.

“My warmsjokolade is een van my gunsteling-winterdrankies. Dit is ook ’n lekker poeding-opsie, want dit is dik en ryk. En jy hoef nie te skuldig te voel as jy dit drink nie. (Geen suiwel, suiker of gluten, so dis geskik vir Banting ook ),” vertel sy aan SARIE.com.

Anél se warm sjokolade-drankie

BESTANDDELE

• 1 blik kokosneutmelk

• 3 eetlepels kakao

• 1½ teelepel vanielje-ekstrak

• 1½ eetlepel heuning

• knypie seesout

• 1 teelepel kaneelpoeier

En as jy lus is vir ’n Mexikaanse weergawe, voeg ’n bietjie rooipeper by. (Dit is mý gunsteling!)

Jy kan dit ook koud geniet.

Sy het dié resep gekry in The Art of Eating Well deur die Hemsley-susters.

“Ek is mal oor hul kosfilosofie. Hulle kook gluten- en suikervry en meestal suiwelvry ook, hulle glo in die gebruik van vars en organiese produkte en hul kos is nooit vervelig of smaakloos nie.’”

Sink movie

– Sink is vanaf 17 Junie op DStv se Box Office beskikbaar, asook landwyd op DVD.