Het jy gehoor?

Bekendes gaan weer dans dat die sweet loop

Dit is al die sesde seisoen van dié gewilde werklikheidsprogram. Tien sterre word saam met tien professionele dansers geplaas. Dié dansers kry die taak om die bekendes te leer dans.

SARIE se rubriekskrywer André le Roux praat oor die tango

Die aanbieders van die program is die komediant Marc Lottering en radio-omroeper Pabi Moloi. Die beoordelaars is Michael Wentink, Tebogo Kgobokoe en Samantha Peo.

Marc Lottering – die 10 reëls waarvolgens hy leef

Die mansdeelnemers

FOTO LINKS: Die Expresso-aanbieder Graeme Richards en die danser Lindsey Muckle. FOTO REGS: Die komediant Mpho Popps en Nombulelo Hlathi.

FOTO LINKS: Die vervaardiger van 5FM se ontbytprogram, Damon Kalvari, met die danser Hayley Hammond. FOTO REGS: Die musikant L’vovo en Mary Martins.

Die gewilde akteur en aanbieder van Fear Factor, Thapelo Mokoena, en die danser Hayley Bennet.

Die vrouedeelnemers

FOTO LINKS: Die TV-aanbieder Lalla Hirayama en die danser Grant Esterhuizen. FOTO REGS: Die TV-aanbieder Kuli Roberts en Sylvester Sefotlhelo.

FOTO LINKS: Die aktrise Connie Ferguson (The Wild) en die danser Brandon Eilers. FOTO REGS: Die High Rollers-aktrise Zakeeya Patel en Ryan Hammond.

Jay Anstey van Isidingo en die danser Tsholo Moholwane.

SABC3 se bemarkingsbestuurder, Risuna Mayimele, sê dié groep bekendes se energie en talente sorg dat dié seisoen baie vermaaklik is. Elke week kan die kykers vir hul gunsteling-paartjie stem. Die paartjie met die minste stemme gaan huis toe.

Vyf minute met die Strictly Come Dancing-wenner Emmanuel Castis

Vanaand sal kykers kan kyk hoe die vrouedeelnemers ‘n stylvolle wals of die sexy cha-cha bemeester, en die mans moet hul heupe losmaak vir die salsa.

Strictly Come Dancing SA begin vanaand, 10 Julie, om 20:00 op SABC3 (DStv-kanaal 193).