Het jy gehoor?

Bekendes in nóg ‘n SA fliek

Night Drive, nuwe SA aksie-rillerfliek, het pas die akteurs se name bekendgemaak. Verfilming begin oor 3 dae.

Die bekroonde akteur Chris Beasley (Lee in Isidingo) is in die hoofrol as Sean Darwin, ‘n eks-polisieman wat nou op die spoor van wildstopers is. Corine du Toit (Jane in Egoli) speel die rol van Karen, ‘n vrou wat in haar huis aangerand word, maar besluit om nie weer ‘n slagoffer te wees nie. Ander bekende name is Greg Melvill-Smith (District 9, Mr Bones, 7de Laan) en die Amerikaanse akteur Antonio David Lyons (Hotel Rwanda, American History X, Sum of All Fears) wat nou in SA bly.

Wat jy nie van Chris geweet het nie

  • Sy ma was ‘n PACT danseres en sy pa ‘n jazz-musikant wat later ‘n regter in hooggeregshof was
  • Chris het ‘n passie vir musiek – hy speel kitaar, klawerbord en hy sing. (Was ook in ‘n band)
  • Sy groot liefde is die bosveld – hy’t op ‘n wildsplaas grootgeword en later was hy ‘n wildbewaarder op ‘n teel-wildsplaas.
  • Sy loopbaan in die vermaaklikheidswêreld het begin as ‘n waagarties. Sy loopbaan as akteur het egter op die verhoog begin.
  • Sy aktiewe leefstyl sien hom gereeds uit vliegtuie spring, rotsklim, skubaduik en mikrovliegtuie vlieg. (Hy het SA al by die wêreld valskermkampioenskappe verteenwoordig – in 2006 was hy 5de in die wêreld)

“Ek voel asof die rol vir my geskryf is. Dis nie ‘n tipiese rillerfliek met bloed en binnegoed nie. Dis intelligent, met ‘n goeie, diep storielyn. En nóg meer, dit speel af teen die agtergrond van die bosveld en die film spreek kwessies aan wat my baie na aan die hart lê. Soos wildstroping vir muti-doeleindes. Hierdie is nie fiksie nie, dis goed wat regtig elke dag in ons land gebeur,” sê Chris.

Sluit aan by Night Drive se facebook-groep

Die borge: Pro Action, Guess, Face to Face Beauty & Make-Up Design School
Vervaardig deur The Film Factory
Vervaardigers: C.A. van Aswegen, James Carroll
Mede-vervaardiger: Susana Kennedy
Skrywer/regisseur: Justin Head