FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Bekendes met ’n onvolmaakte glimlag

Hollywood word dikwels geassosieer met perfekte hare en spierwit, reguit tande. Maar nie alle bekendes steur hulle hieraan nie. Inteendeel, hul onvolmaakte volmaakte glimlag laat hulle mooi voel! 

Die Oscar-wenner Patricia Arquette het in 2015 aan People vertel dat sy met opset nooit haar tande reguit gemaak het nie.

“Ek het net gedink dit sal nie pas by wie ek is nie, veral in die binnekant. Ek wou nie myself verander net om aantrekliker te lyk nie.”

Sy’s nie al bekende wat haar onvolmaaktheid vier nie. Die Britse aktrise Keira Knightley sê sy het nog nooit druk ervaar om haar glimlag te verander nie.

“Dis eintlik wonderlik, want ek het skewe tande. Maar niemand het al druk op my geplaas nie,” het Keira destyds aan CBS News gesê.

 

Ander bekendes met ’n onvolmaakte volmaakte glimlag:

Georgia May Jagger

Vanessa Paradis

Avril Lavigne

Seal

Madonna

Kirsten Dunst

Jewel

Lees nou

3 voordele van tuinmaak

Koninklike toer: Charlotte te skattig

FOTO: Só lyk Behati en Adam se baba