Het jy gehoor?

Bekendes, modelle en fotograwe vir vermiste kinders

Top- Kaapse modelagentskap Boss Models het besluit om saam te span vir ‘n goeie doel. A Moment in Time, presented by Boss Models and Management and Bell-Roberts het aan fotograwe en ‘n paar modelle en bekendes die geleentheid gegee om deur kreatiwiteit ‘n verskil in vermiste kinders se lewe te maak.

Fotograwe het ‘n paar van Boss Models se gesigte afgeneem, en dit toe op skilderdoek gedruk vir daardie klassieke afwerking. Die kunswerke gaan opgeveil word ten bate van Missing Children SA. (Gaan kyk vandag nog, die veiling sluit 30 Oktober.)

Die man agter die skerms, Hans Stauch (van Boss Models), was op besoek in New York toe hy die idee vir A Moment in Time gekry het. Die kunsgalerye vol klassieke werke het hom geïnspireer.

Nico Panagio, hoof van Missing Children SA, sê hy’s dankbaar dat hulle die gekose liefdadigheidsorganisasie is. “Dit kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Die raad kom gereeld byeen om met kreatiewe idees vir geldinsameling vorendag te kom, en die ekonomiese tye maak dit nie makliker nie. Tog hou die kwaaddoeners daarbuite nie op nie. Om te sê ons is opgewonde, is die minste!”

Die fotograwe wat by die projek betrokke is, is onder andere Jacques Weyers, Gerda Genis, Inge Prins, Antonia Steyn, Jonathan Taylor, Natasja Fourie, Fanie Nel, Byron Keulemans, Marguerite Oelofse, Damon Fourie, Alexa Singer, Romi Stern, Charl Marais, Mia Zergvol, Anton Robert, Bevan Daivis, Brett Rubin, Igor Polzenhagen, Justin Polkey en Milan Cronje.

Herken jy hulle?

Catriona Andrew (Boss Models)
Jana Strydom (Helena in 7de Laan) Catriona Andrew (Jane in Egoli)
Michelle McLean (Boss Models) Vicky Davis (Boss Models)
Michelle McLean SARIE se voorblad-
gesig in November 2009
Vicky Davis, SARIE se voorbladgesig
in Oktober 2009


A Moment in Time is nog tot 31 Oktober by die Bell Roberts-galery in Kaapstad te sien.