nianell_smile2
Het jy gehoor?

Bekendes op massa-eetstaking

Dié projek ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Kosblikkieprojek is deur Lindie Strydom geïnisieer.

Helpende Hand daag almal uit om aan dié eetstaking deel te neem en so met honger kleuters te identifiseer.  Die idee is om vir 24 uur nie te eet nie en die geld wat jy op kos sou uitgee aan die Kosblikkieprojek te skenk.

Jy kan jou deel skenk deur  “KOSBLIK” te SMS na 38657 en so R10 te skenk aan die Kosblikkieprojek.

In 2011 het Helpende Hand met die eerste massa-eetstaking binne agt uur R65 000 ingesamel.

“Die eetstaking help ons om met kleuters se nood te identifiseer,” sê Lindie. “Deur vanjaar se Kosblikkieprojek word meer as 3 200 behoeftige kleuters en 2 000 versorgers van 41 kleuterskole oor die land heen geraak en opgehef.”

Nianell, Liza Brönner, Andries Hendrik Potgieter en Sorina die Flooze is vandag, 27 Julie 2012, vanaf 12:45 by die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria, waar hulle aan pret-aktiwiteite en speletjies ten bate van die projek deelneem.

Volg die eetstaking op Helpende Hand se Facebook-blad.

Die celebs sê op Twitter:

Nianell: “Nog 10 minute om te gaan en dan eet ek eers weer môre 14:00. Kom ondersteun ons asseblief môre by die Kolonnade…”

Pieter Koen: “Môre-oggend 6:00 begin ek met my eetstaking vir 24 uur…Komaan, join my!”

  • Magda Botha

    Ek se dankie vir mense soos julle. Geniet elke oomblik dit is vir n goeie doel. Ek wens ons kon daar wees. Groette uit New Zealand