FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Bekendes raak barmhartig met #rak15

Van ons plaaslike bekendes wys hóé barmhartig hulle kan wees deur hul deel te doen vir #rak15. Die inisiatief poog om mense tot goeie dade, oftewel “Random Acts of Kindness”, aan te spoor.

Van bier na barmhartigheid

Brent Lindeque, die gesig van #rak15, het met sy YouTube video, wat al byna 800 000 keer gesien is, verlede jaar se “neknominasies” op die rug gedraai. Pleks daarvan om ’n bier in sy gorrel af te gooi, het dié Suid-Afrikaner kos aan ’n behoeftige gegee en ander uitgedaag om dieselfde te doen.

Die resultaat van sy R20-kospakkie: ’n Wêreldwye fenomeen, waar mense goeie dade doen en dit op sosiale media deel. Die veldtog was so suksesvol dat sy raklewe tot 2015 verleng is. Gedurende 9-15 Februarie vier ons RAK week. Besoek  gerus die RAK15 webtuiste vir idees oor hoe jý betrokke kan raak.

Bekendes raak betrokke

KYK HIER om te sien hoe Derek Watts en John Webb van Carte Blanche-faam hulle deel doen. Daarna is die radiopersoonlikheid Ryan O’Connor genommineer, wat op sy beurt weer ander bekendes, soos Bryan Habana, benoem het.