hello_jack_osbourne_z
Het jy gehoor?

Bekendes se seun met veelvuldige sklerose gediagnoseer

Dit kom 2 weke ná hy en sy verloofde, Lisa Stelly, hul dogter Pearl Clementine verwelkom het. Jack en sy ma, Sharon, het hul harte oopgemaak oor dié emosionele reis.

“Ek was kwaad en gefrustreerd en het aanhou dink, ‘waarom nou?’,” het Jack gesê. “Ek’t ‘n gesin en dit is veronderstel om die belangrikste ding in my lewe te wees.”

HELLO-tydskrif het ook verklap wat Jack se bekende ouers, Sharon en Ozzy, te sê gehad het.

“Ek het aanhou wonder of ek dalk iets verkeerd gedoen het. Of ek dalk iets geëet of gedrink het toe ek swanger was met hom? Dit voel of dit my skuld is,” het Sharon gesê terwyl sy die trane probeer keer het.

“As dit ek was, sou ‘n mens kon dink: ‘Ozzy het ‘n reputasie en dit het hom nou ingehaal.’ Maar Jack is so ‘n goeie ou,” het Ozzy gesê.

Veelvuldige sklerose is ‘n siekte wat jou sentrale senuweestelsel, jou brein en rugstring, affekteer. Dit veroorsaak dat jy sukkel met spierbeheer en -sterkte, sig, balans, gevoel en vlot gedagtegang. Dit kan óf ‘n geringe effek op jou lewe hê, óf jou liggaam ervaar drastiese veranderinge. Die meeste mense bevind hulle tussen dié twee ekstreme vorme van die siekte.

Vir meer, klik by www.people.com