Cate Blanchett FOTO: Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S

Cate Blanchett FOTO: Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S

Het jy gehoor?

Bekendes in snaakse advertensies

Dit is nie net ons gewone sterflinge wat in ons beroepe op die onderste trap van die leer moet begin nie. Ook van die gewildste Hollywood-sterre moes eens op ’n tyd akteurswerke aanvaar om die rekeninge te betaal. Hier is ‘n paar bekende sterre se eerste advertensies …

Cate Blanchett, 1994

Cate Blanchett mag dalk met die Oscar-beeldjie weggestap het, maar sy het in 1994 as 24-jarige in dié Australiese advertensie gespeel.

Jason Alexander, 1980’s

Jason AlexanderDié ster van Seinfeld het hierdie McDonald’s-advertensie in die 1980’s gemaak. Voordat hy op die kassie naam gemaak het, was Jason ’n verhoogakteur wat gesukkel het om werk te kry. Dit was in dié tyd dat hy hierdie advertensie gemaak het.

Tina Fey, 1990’s

Tina FeyDie komediant Tina Fey is nou die ster van haar eie TV-reeks, 30 Rock, en het ’n internasionale gehoor laat lag toe sy en Amy Poehler die Golden Globes aangebied het. Maar in die 1990’s het sy in dié advertensie vir ’n Amerikaanse bank gespeel.

Keanu Reeves, 1987

tlmn0pf4c6fhthmc

Voor sy rolle in Speed en Matrix was hy die kelner wat lief is vir Corn Flakes in ’n advertensie. Hy dans en dek die tafel voordat hy aan die ontbytpap smul. Dié advertensie is vier jaar voor Bill & Ted’s Bogus Journey geskiet – die fliek wat hom bekend gemaak het.

Bronne: Daily Mail en TIME

Kyk môre op SARIE.com vir nóg advertensies.