FOTO: Instagram  @jlo

FOTO: Instagram @jlo

Het jy gehoor?

Bekendes vier Halloween: Die beste kostuums van 2015

Om ‘n bietjie laf te wees is soms die wenresep vir baie pret. Dié 10 bekendes verstaan dit alte goed. Hulle Halloween-uitrustings is amper te goed om waar te wees!

Die model Heidi Klum het haarself getransformeer om soos die animasie-karakter Jessica Rabbit te lyk. Sy het stap-vir-stap-foto’s en -video’s van die proses op haar Instagram-blad gedeel. Sy is mal oor Halloween en doen elke jaar baie moeite – soveel dat sy al bekend staan as die “Hallo-qween” van Halloween.

A photo posted by Heidi Klum (@heidiklum) on

Die sangeres Taylor Swift het soos Olaf, die sneeuman in Frozen, aangetrek en selfs die bekende temalied van dié fliek, “Let It Go”, by haar konsert gesing.

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Die model Gigi Hadid het soos Sandy, Olivia Newton-John se karakter in Grease, aangetrek.

A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Die aktrise Amanda Seyfried het dié foto van haar as ’n heks op Instagram gedeel.

A photo posted by Amanda Seyfried (@mingey) on

Die sangeres Jennifer Lopez as ’n geraamte.

A photo posted by Jennifer Lopez (@jlo) on

Die sangeres Katy Perry het (soos altyd) haar aanhangers verras deur soos ’n mikrofoon aan te trek. Verlede jaar het sy soos ’n kaaskrul gelyk.

A photo posted by KATY PERRY (@katyperry) on

Die akteur wat bekend gestaan het as The Rock, Dwayne Johnson, het te oulik gelyk in dié Popeye-uitrusting.

A photo posted by therock (@therock) on

Die sanger Justin Bieber het soos die karakter Jackie Moon uit die Will Ferrell-fliek Semi-Pro aangetrek.

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Die akteur Robert Downey Jr. het soos Tigger van Winnie the Pooh aangetrek.

Die akteur Neil Patrick Harris en sy gesin het ’n Star Wars-tema gekies vir hul Halloween-partytjie. Neil lyk amper onherkenbaar as die bekende karakter Obi-Wan Kenobi.

A photo posted by Neil Patrick Harris (@nph) on

Lees ook

ZZZ