Skoolvakansie
Het jy gehoor?

Vakansie: Só kan jy die kinders besig hou

Reeds raadop oor hoe om die kinders besig te hou die res van die vakansie? Hier is ’n lys van aktiwiteite vir die hele gesin in ’n paar groot stede:

Ratanga Junction, Kaapstad

Met meer as 30 attraksies bied Ratanga aktiwiteite vir kinders en avontuurlustige volwassenes. Toegang vir kinders onder 1,3 m is R45 p.p.

Oop van 8 - 17 Julie 2017

Oop van 8 – 17 Julie  Toegang R95 p.p.

Snow World, Kaapstad

Dié binnenshuise sneeupark met onder meer glyplanke by die GrandWest Casino bied pret vir jonk en oud.

R50 - R140 Oop van 10:00 - 23:00

R50 – R140
Oop van 10:00 – 23:00

Gateway to Space-uitstalling, Johannesburg

Vir ’n buiteruimtelike ervaring, besoek die Gateway to Space-uitstalling aangebied deur Huisgenoot, You en Drum – die grootste in sy soort wat Suid-Afrika nóg gesien het.

Toegang R120 - R180

Toegang R120 – R180 van 1 Junie tot 31 Julie by die Sandton-konferensiesentrum

Cedar Junction Theme Park & Country Fair, Pretoria

Ry deur tonnels en oor brûe op replikas van regte treine. Daar is ook springkastele, trampoliens, diere en vele meer.

Oop Woensdae - Sondae 08:00 - 17:00

Oop Woensdae – Sondae
08:00 – 17:00

uShaka Marine World, Durban

Die akwarium is ’n pragtige uitstalling van die seelewe, terwyl daar ook waterglyplanke is en inkopies gedoen kan word by die Village Walk.

Oop van 09:00 - 17:00 R130 - R199

Oop van 09:00 – 17:00
R130 – R199

Cheetah Experience, Bloemfontein

As jy op soek is na hartverwarmende en asemrowende ervarings, is Cheetah Experience die plek om te wees dié skoolvakansie.

R80 - R120 Oop Dinsdae - Sondae 10:00 - 15:00

R80 – R120
Oop Dinsdae – Sondae
10:00 – 15:00