disgrace_home
Het jy gehoor?

Disgrace vandag op die grootskerm

SA gebore skrywer J.M. Coetzee se bekroonde roman Disgrace begin vandag op ons grootskerm wys, met John Malkovich in die hoofrol.

Die boek is in 1999 met die Booker-prys bekroon en Coetzee het in 2003 die Nobel-prys vir letterkunde ontvang. Die regisseur van die fliek is Steve Jacobs. Dit kom dus as geen verrassing nie dat die fliek in 2008 by die Toronto Internasionale Filmfees met die International Critic’s-toekenning weggestap het.

“Nou hoe loop die storie?

David Lurie (gespeel deur John Malkovich), ‘n professor in Engels in post-Apartheid Suid-Afrika, se lewe is besig om uitmekaar te val. Ná hy ‘n verhouding met ‘n student (Melanie, gespeel deur Antoinette Engel) aanknoop, word hy geskors. Hy besluit om by sy lesbiese dogter, Lucy (Jessica Haines), op haar plaas te gaan bly. Dié deel sy met haar betroubare swart werker, Petrus (Eric Ebouaney). Vir eers gaan dit goed, maar die magspatrone in die land het stadig maar seker begin verskuif. Ná ‘n ernstige aanval deur swart jongmans moet David die veranderende gemeenskap en sy eie skandes in die gesig staar.