Ben Affleck en Jennifer Garner
Het jy gehoor?

Ben Affleck en Jennifer Garner met gesinsvakansie ná egskeiding

Die voormalige akteurspaartjie Ben Affleck en Jennifer Garner het vroeër dié week aangekondig dat hulle gaan skei. Tog is dié twee en hul kroos op die oomblik saam met vakansie in die Bahamas, berig E! Online

Hulle wil hul kinders, Violet (9), Seraphina (6) en Samuel (3), beskerm teen die storm wat om hul koppe losgebars het, aangesien nuus van hul egskeiding steeds wêreldwyd koerantopskrifte maak.

’n Bron het aan People vertel dat die kinders Ben en Jennifer se top-prioriteit is: “Hulle beplan om die kinders saam groot te maak. Die kinders kom eerste.”

Die voormalige paartjie se egskeiding is een dag ná hul tiende huweliksherdenking bevestig. In die toekoms gaan Ben en Jennifer steeds op dieselfde eiendom bly, maar in verskillende huise.

Bronne: E! Online en People

Lees nou