Jennifer Garner
Het jy gehoor?

Ben Affleck en Jennifer Garner snel saam haar ouers te hulp

Hoewel die Hollywood-paartjie Ben Affleck en Jennifer Garner vervreemd is, skuif hulle vir eers hul probleme met mekaar opsy. Beide die akteurs het hulle gehaas na Charleston, Wes-Virginië om haar ouers te gaan help. Jennifer se ouers se huis is erg beskadig in ’n vloed, berig Wetpaint. 23 Mense is reeds weens die vloed oorlede.

Volgens Radar online wil Jennifer graag haar ouers huisves in Los Angeles, maar John en Patricia Garner wil in Charleston bly. Die glansstêr se ouers woon solank in ’n nabye hotel omdat daar nie elektrisiteit by hul huis beskikbaar is nie. Jennifer en die Batman vs Superman: Dawn of Justice-akteur doen alles wat hulle kan om die inwoners van haar tuisdorp te help.

Ben en Jennifer (of die bynaam wat die media hulle gegee het- Bennifer), het ’n jaar ná hul aankondiging dat hulle skei, nog nie hul egskeiding gefinaliseer nie. Daar is nou gerugte dat hulle dalk weer ’n paartjie is.

Ben en Jen het onlangs ’n maand saam in Europa met hul drie kinders, Violet, Seraphina en Samuel deurgebring terwyl Ben die fliek Justice League verfilm het. Die voormalige Alias-aktrise geniet dit om weer tyd saam met Ben deur te bring, berig People.

Bronne: WetpaintRadar onlinePeople

Lees nou:

Dis ’n tweeling vir Ashton en Mila

Kyk hier! Die amptelike lokprent van Sy Klink Soos Lente!

Dié bekendes is wéér in die skeihof