Ben Affleck en Jennifer Garner
Het jy gehoor?

Ben Affleck en Jennifer Garner se paadjies skei?

Is die huwelik van een van Hollywood se mees geliefde paartjies op die rotse? Ons weet darem nie, maar volgens verskeie Amerikaanse skindertydskrifte, soos Radar, het Ben Affleck sy vrou, Jennifer Garner, op haar verjaardag gelos. 

Dié tydskrif berig verder dat Ben so kwaad was dat hy sonder sy trouring by die deur uitgestorm het.

’n Sogenaamde “indiepte-ondersoek” het bevind dat die Batman-akteur na ’n Boeddhistiese klooster in Kanada “gevlug” het “om sy kop skoon te kry”. Ons weet darem nie of dít die waarheid is nie.

’n Bron na aan Ben en Jennifer het met die pers gesels: “Sy kan hom nie vertrou nie, maar Jen sê dat sy Ben nog een kans gaan gee.”

“Ben is besig om homself te vind,” het die naamlose bron bygevoeg.

Die akteurspaar, wat byna tien jaar getroud is, het drie kinders saam: Violet (9), Seraphina (6) en Samuel (3).

Bron: Radar

Lees ook