Ben Affleck en Jennifer Garner
Het jy gehoor?

Ben Affleck en Jennifer Garner skei!

Dit het gelyk of dié akteurspaar se huwelik gaan hou, maar ná 10 jaar se getroude lewe skei Ben Affleck en Jennifer Garner se paadjies, berig E! Online. 

Alhoewel hulle nou eers die aankondiging maak, gons Hollywood al ’n geruime tyd dat hul verhouding in die moeilikheid is.

Volgens People het Ben en Jennifer die volgende in ’n gesamentlike verklaring gesê: “Nadat ons lank en versigtig daaroor gedink het, het ons die moeilike besluit gemaak om te skei … Ons gaan voort in liefde en vriendskap, en ons is toegewyd om ons kinders saam groot te maak …”

Hulle het ook gesê dat hulle nie weer kommentaar sal lewer oor dié private, familie kwessie nie.

Drie kinders is uit dié huwelik gebore: Violet, 9, Seraphina, 6, en Samuel, 3.

Bronne: E! Online en People

Lees ook