130665438
Het jy gehoor?

Ben Affleck se babaseuntjie gebore

Hul babaseun, Samuel Garner Affleck, is in Santa Monica gebore, en kleinboet is verwelkom deur sy twee ouer sussies Seraphina (3) en Violet (6).

Hulle het in Augustus aangekondig dat sy swanger is, en later gesê hulle weet wat die geslag is, maar volstrek geweier om te sê.

“Dit sal vreemd wees om ‘n seuntjie te hê,” het Jennifer vroeër vir Ellen DeGeneres op haar geselsprogram gesê. Ben het in 2010 erken dat hy beslis in die minderheid is met 3 meisies en een man in die huis. Wel, dinge het nou verander met die koms van kleinboet…