Het jy gehoor?

Ben Kruger maak potjiekos vir liefdadigheid

Ben vertel sy liefde vir potjiekos kom uit sy kinderjare, toe die gesin se tuinier, Moss, een keer vir Ben se ma ‘n gevra het of hy vir die gesin kan aandete maak. “Moses het ‘n lysie bestanddele vir my ma gegee en gevra dat sy dit gaan koop. Dt was die eerste keer dat ek besef het ‘n man kan ook lekker kos maak!” onthou Ben.

Op universiteit het die Binneland-akteur lief geraak vir kook en het hy toe al met verskeie potjie-resepte begin eksperimenteer. Hy het inspirasie in kookboeke gevind en sommer sy eie potjiebrousels aanmekaar geslaan.

Nou is hy al ‘n gesoute potjiemeester met tientalle van sy eie, unieke resepte. “Die geheim is in die sous, en wanneer daai potjie eers aan die gang is, moet jy hom nie pla nie. Jy moet hom net rustig oppas.” Ben se gunsteling is sy varknek-en-suurkoolpotjie.

Die “So Good”-potjiekosuitdaging word geborg deur Crown National en vind plaas op die Innibos-feesterrein. Al die kos word aan die publiek verkoop en die wins word aan Rhino Buddies, die Helpnetfonds vir mishandelde kinders en die Watervalboven-ouetehuis geskenk.