FOTO: Pascal Le Segretain/Getty Images vir Paramount Pictures

FOTO: Pascal Le Segretain/Getty Images vir Paramount Pictures

Het jy gehoor?

Ben Stiller en Owen Wilson stel Zoolander 2 op die loopplank bekend

Was daar al ooit ’n meer gepaste manier om ’n opvolgfliek bekend te maak? Ben Stiller en Owen Wilson het tydens die Valentino-modeskou by die Paryse Modeweek hul film Zoolander 2 bekend gemaak, berig E! Online.

Ná maande se wonder en meer as ’n dekade se wag is dit nou bevestig dat dié bekende vriende wéér hul rolle as die modelle Derek (Ben) en Hansel (Owen) in die komedie sal vertolk.

Alle oë was op Ben en Owen toe hulle die gehoor verras en soos wafferse modelle in ontwerpersklere op die loopplank paradeer het.

FOTO: Pascal Le Segretain/Getty Images vir Paramount Pictures

FOTO: Pascal Le Segretain/Getty Images vir Paramount Pictures

Tydens ’n onderhoud in 2010 het Ben, wat ook regisseur van die fliek is, ’n opsomming van die komedie gegee: “Die mode-wêreld verander die heeltyd. Dit gebeur so vinnig. Aan die begin van die fliek is dit tien jaar later en almal het al van Derek en Hansel vergeet. Niemand onthou wie hulle is nie en hulle moet hulself herontwerp.”

Penélope Cruz gaan ook deel van Zoolander 2 wees. Die fliek word op 12 Februarie 2016 in Amerika uitgereik.

Bron: E! Online

Lees ook