FOTO Instagram / @glamurama

FOTO Instagram / @glamurama

Het jy gehoor?

Ben Stiller se stryd met prostaatkanker

Die Hollywood-akteur en regisseur Ben Stiller het Dinsdagaand erken dat prostaatkanker in 2014 by hom gediagnoseer is.

“Net ná ek die nuus ontvang het, het ek voor my rekenaar ingeskuif en onmiddellik ‘mans wat prostaatkanker gehad het’ gegoogle. Ek het geen idee gehad wat ek moet doen nie en ek moes net op ’n manier ’n bewys hê dat dít nie die einde is nie.”

- Ben Stiller

Hy het eers Dinsdagaand in ’n ope brief op die webtuiste Medium daaroor geskryf.

“Hoe meer ek oor my siekte gelees het, hoe meer het ek agtergekom dat jy nie moet google hoeveel mense enkele maande ná hul diagnose gesterf het nie.”

“Ek het Vrydag, 13 Junie 2014, my diagnose gekry. Drie maande later, op 17 September, was ek skoon.”

Dit is gelukkig vroegtydig gediagnoseer en dokters kon die gewas so gou moontlik verwyder. Ben sê hy het ’n kontroversiële bloedtoets, genaamd PSA, laat doen, wat die prostaatkanker geïdentifiseer het.

“Daar’s vir ’n paar jaar omstredenheid oor PSA. Maar dit het letterlik my lewe gered.”

Ben is al vir 16 jaar getroud met die Hollywood-aktrise Christine Taylor en die paartjie het twee kinders.

Lees sy volledige brief op Medium.

Jy het ’n verhoogde risiko vir prostaatkanker indien …

– Jy ouer is as 40 (die risiko neem skerp toe ná 50)

– Jy ’n ongesonde dieet volg

– Jy nie genoeg oefening kry nie

– Daar ’n geskiedenis van prostaatkanker in jou familie is

* Inligting verkry van Kansa.

Lees nou

Dié som laat grootmense stom

Roerende oomblik tussen prins Harry en siek seuntjie

Dís die sleutel tot ’n stralende vel