benedict cumberbatch
Het jy gehoor?

Akteurs Benedict Cumberbatch en Jennifer Love Hewitt se babanuus

Die aantreklike Britse akteur Benedict Cumberbatch het onlangs verloof geraak en nou het hy aangekondig dat sy eersteling op pad is.

Die 38-jarige akteur en sy 36-jarige verloofde, die aktrise en regisseur Sophie Hunter, se woordvoerder het bevestig dat die paartjie daarna uitsien om hul eerste kind later vanjaar te verwelkom, berig The Guardian.

Hulle het in November verlede jaar verloof geraak. Dié Sherlock-akteur het anders as ander bekendes nie ’n selfie van homself en Sophie gedeel toe hulle verloof geraak het nie. Nee, Benedict, wat glo baie goeie maniere het, het ’n aankondiging in die Britse koerant The Times geplaas.

Soos wat The Independent sê, dié kort stukkie in die koerant klink soos iets uit ’n Jane Austen-roman.

The engagement is announced between Benedict, son of Wanda and Timothy Cumberbatch of London, and Sophie, daughter of Katharine Hunter of Edinburgh and Charles Hunter of London.

’n Baba en ’n troue op pad! Dié twee het groot planne …

Die media het lank reeds bespiegel dat dié twee trouplanne het  Daily Mail

Die media het lank reeds bespiegel dat dié twee trouplanne het
Daily Mail

Jennifer Love Hewitt

Die aktrise Jennifer Love Hewitt het aan US Weekly bevestig dat sy en haar man, Brian Hallisay, later vanjaar hul tweede kind verwag.

Die paartjie se eersteling, Autumn, is in November 2013 gebore.

FOTO: Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod tydens haar eerste swangerskap FOTO: A Pea in the Pod

Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod tydens haar eerste swangerskap
FOTO: A Pea in the Pod

Bronne: The Guardian, The Independent en US Weekly