Benedict Cumberbatch se portret by die BFI Londen Flimfees
FOTO: Gareth Cattermole  / Getty Images Portrait

Benedict Cumberbatch se portret by die BFI Londen Flimfees FOTO: Gareth Cattermole / Getty Images Portrait

Het jy gehoor?

Benedict Cumberbatch trou op Valentynsdag

Die Oscar-benoemde akteur Benedict Cumberbatch het op Valentynsdag getrou, berig Daily Mail.

Benedict en die aktrise en regisseur Sophie Hunter het in November verlede jaar verloof geraak en het besluit om vanjaar op 14 Februarie af te haak.

Dié Britse paartjie is baie privaat en het hul verlowing in hul plaaslike koerant aangekondig! Hulle verwag ook later vanjaar hul eersteling.

Benedict is bekend vir sy rol in die TV-reeks Sherlock. Die 38-jarige akteur hoor op 22 Februarie of hy die Oscar vir Beste Akteur gaan wen vir sy spel in The Imitation Game. Dié fliek het 8 Oscar-benoemings, onder meer vir Beste Film en Beste Regisseur.

Benedict en Sophie by die Golden Globes

Benedict Cumberbatch and Sophie Hunter.

A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on


The Imitation Game vertel die ware verhaal van die wiskundige Alan Turing wat tydens die Tweede Wêreldoorlog die Nazi’s se kode-kommunikasie moes ontleed en só ‘n einde tot die oorlog bring.

Kyk na die lokprent HIER:

Die fliek het op 23 Januarie in Suid-Afrikaanse teaters begin draai.

Lees nou